Klankopname en reproduksie

Frances Densmore neem Blackfoot, Berghoof, op met 'n silinder fonograaf vir die Buro van die Amerikaanse Etnologie (1916)

Klank opname en reproduksie is 'n elektriese, meganiese, elektroniese of digitale inskripsie en herskepping van klankgolwe, soos die gesproke stem, sang, instrumentale musiek of spesiale byklanke. Die twee hoof groepe van tegnologie in klankopname is analoog opname en digitale opname.

opskrif en herskepping van klankgolwe, soos gesproke stem, sang, instrumentale musiek, of klank-effekte. Die twee belangrikste klasse van klankopnametegnologie is analoogopname en digitale opname.

Akoestiese analoog opname word gedoen met 'n mikrofoon diafragma wat verandering in die atmosferiese druk kan optel en word dan op 'n medium soos 'n fonograaf opgeneem (wat klankgolwe as grepe opneem). In magnetiese bandopname, vibreer die klankgolwe die mikrofoon diafragma en word omskep in 'n wisselende elektriese stroom, wat dan omgeskakel word na 'n wisselende magnetiese veld deur 'n elektromagneet, wat 'n voorstelling van die klank maak as gemagnetiseerde gebiede op 'n plastiek band met 'n magnetiese laag op dit. Analoog klank reproduksie is die omgekeerde proses, met 'n groter luidspreker diafragma wat veranderinge aan atmosferiese druk veroorsaak en wat dan akoestiese klankgolwe vorm.

Digitale opname en reproduksie keer die analoog klank om via die mikrofoon na 'n digitale formaat. Die gestoorde klank kan nou oorgedra word na 'n wyer verskeidenheid media. Digitale klank word as 'n reeks binêre getalle (nulle en ene) gestoor. 'n Digitale klank – sein moet verwerk word na analoog tydens die terugspeel, voordat dit gekoppel word aan die luidspreker.

Voor die ontwikkeling van die klankopname, was daar meganiese stelsels, soos opwen musiek bokse en, later speler klaviere, vir kodering en reprodusering van instrumentale musiek.

  1. "FirstSounds.ORG".

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search